Wolwekraal
Lange Kloof
Droë veld en volstruise. Hier maak Fiela Komoetie haar wit vondelingkind met liefde en trots groot, nege jaar lank.
- Fiela Komoetie
- Selling Komoetie
- Benjamin
Lefra Produksies bied aan · Aanlyn werksessie
Verwerk deur Suzanne van Wijk · Regie deur Frans Swart
Dinsdag 11 Augustus 2026 10:00–12:00 Regstreeks by u skool
'n Aanlyn werks- en besprekingsessie van twee uur vir Matrieks wat Afrikaans Addisionele Taal neem. Die leerders bly by die skool en niemand hoef te reis nie.
Bespreek die sessie Wen die sessie vir u skool
Navrae: 011 815 3000 · info@lefra.com
Die drama
“Hulle het hom net kom vat… sommer net so!”
God vergewe ons baie, maar God vergewe ons nie die kwaad wat ons 'n kind aandoen nie.
Die bruin vrou Fiela Komoetie het haar wit vondelingkind Benjamin met liefde en trots grootgemaak, tot die dag nege jaar later dat die sensusmanne hom kom haal het.
Aan die ander kant van die berg, in die Bos, woon die houtkapper Elias van Rooyen en sy vrou Barta, wie se driejarige Lukas weggeraak het.
Jare later is dit Benjamin/Lukas self wat worstel met die vraag: wie is ek? Hy móét weet, anders kan die vrou wat hy liefgekry het nooit syne wees nie. Die antwoord is daar, weet hy: iewers in homself, diep verskuil in die verlede, bly dit hom ontwyk.
Uit die produksie se program. Lefra Produksies het Fiela se Kind: Die Drama reeds drie keer opgevoer: 1997, 2007 en 2017.
Die drama speel aan twee kante van een berg af
Lange Kloof
Droë veld en volstruise. Hier maak Fiela Komoetie haar wit vondelingkind met liefde en trots groot, nege jaar lank.
Knysna
Nat, donker en dig. Hier woon die houtkapper Elias van Rooyen en sy vrou Barta. Hulle driejarige Lukas het jare gelede weggeraak.
Is Benjamin en Lukas dieselfde kind?
Wat word behandel
Die sessie is saamgestel om Matrieks wat Afrikaans Addisionele Taal neem, die drama beter te laat verstaan. Frans Swart, wat 'n hele paar keer saam met Fiela lang paaie gestap het, is die gespreksleier. Ons werk die bou van die drama stap vir stap deur, en daarna die karakters en die temas.
Die paneel
Frans Swart het vir Dalene Matthee goed geken, en Suzanne van Wijk, wat die verhoogteks geskryf het, was een van sy dramamentors by die Akademie vir Dramakuns.
Gespreksleier · Regisseur
Het Fiela se Kind reeds drie keer opgevoer (1997, 2007, 2017) en tree ook op as programleier vir die werksessie.
Fiela Komoetie
Het die rol van Fiela vele kere op die verhoog vertolk, en ook in die eerste rolprent.
Groot Benjamin/Lukas
Het die ouer Benjamin/Lukas in die 2017-verhoogproduksie gespeel. Tans te sien in Binnelanders.
Klein Benjamin/Lukas
Het die klein Benjamin/Lukas in die 2017-verhoogproduksie gespeel. Was te sien in Sewende Laan.
Samesteller van die studiegids
Samesteller van die amptelike Fiela se Kind: Die Drama studiegids.
Uit die produksie
Hoe werk dit
Die sessie word op 11 Augustus 2026 aanlyn heruitgesaai. U kry 'n unieke skakel, u kliek daarop, en u Matrieks kyk saam.
Vul die aanlynvorm in en betaal die bedrag in Lefra se rekening. Stuur die betalingsbewys saam met die vorm.
Sodra ons die bespreking en betaling ontvang het, stuur ons 'n brief wat alles stap vir stap uiteensit.
Op die oggend van die sessie kry u 'n skakel wat net vir u skool geld.
Ons saai reeds van 08:00 af uit sodat u die skerm, klank en verbinding rustig kan toets.
Om 10:00 kliek u op die skakel en u is saam met ons aanlyn. As die beeld en klank uit sinchronisasie raak, herlaai (“refresh”) net die bladsy.
Wat kos dit
Ons probeer die koste so laag as moontlik hou om die leerders teen minimale kostes oor die drama toe te lig. Ons moet op u eerlikheid staatmaak dat u die werklike aantal Matrieks deurgee.
| Aantal leerders | Per leerder | Vergelyking |
|---|---|---|
| 1–20 | R200 | |
| 21–50 | R150 | |
| 51–100 | R75 | |
| 101–200 | R50 | |
| 201–300 | R40 | |
| 301–1000 | R35 |
Soos met ons opvoerings van Fiela: as 'n leerder dit werklik nie kan bekostig nie, laat u hom toe om deel te wees. U weet self wie daardie leerders is. Stuur sulke versoeke op skrif aan Monica Booysen by bestuur@lefra.com.
Kompetisie
Vul die kompetisievorm in. Dit vat 'n minuut en kos niks. Een skool word getrek en kry die sessie van 11 Augustus gratis vir al sy Matrieks.
Navrae oor die kompetisie: info@lefra.com of 011 815 3000.
Bespreek
Vul die aanlyn besprekingsvorm in, of stuur die besonderhede aan admin@lefra.com. Betaal dan die bedrag in en stuur die betalingsbewys aan bestuur@lefra.com, verkieslik saam met die vorm.
Kontroleer hierdie besonderhede telefonies by 011 815 3000 voordat u betaal. Ons vra nooit per e-pos dat u die rekeningnommer verander nie.
Ons verkies dat skole op 11 Augustus 2026 inskakel. Indien dit heeltemal onmoontlik is, kan ons die werksessie moontlik apart vir u uitsaai. Die minimum vir 'n individuele sessie is 50 leerders. Dui dit so op die vorm aan.
Wat skole gesê het
Ek was bevoorreg om by een van my skole die werksessie van Fiela te sien. Baie geluk met 'n puik aanbieding! Ek glo elke leerling wat die voorreg gehad het om daarna te kyk, behoort goed te vaar in die eksamen.
Ons het die aanbieding ontsettend baie geniet. Dit was uitstekend! Baie insiggewend en leersaam.
Die leerders het die werksessie baie geniet en voel dat hulle die storielyn nou beter verstaan. Dit was ook goed dat ons nie 'n hele dag uit die skool was nie en nie nodig gehad het om te reis nie.
Baie dankie vir die Fiela se Kind-uitsending vanoggend. My kinders het dit baie geniet en hulle het ook baie geleer. Die juffrou het dit ook geniet en geleer.
Nogmaals dankie, Monica. Dit was uitstekend!
Studiegids
Saamgestel deur Junaid Anthony en by NB-Uitgewers beskikbaar. Dit werk goed saam met die werksessie.
U is welkom om hierdie bladsy aan u kollegas en buurskole te stuur. Stuur gerus ook die e-posadresse van relevante onderwysers aan admin@lefra.com, dan stuur ons dit van ons kant af aan.